Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Saterdag, 23 April 2022
Hier is tans 102 915 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Die swastika is 'n simbool met baie style en betekenisse. Dit word in baie kulture aangetref.

Die swastika, of , is 'n simbool wat vandag in die Weste hoofsaaklik bekend is vanweë die gebruik daarvan deur die Naziparty. Dit is 'n antieke godsdiensikoon in verskeie Eurasiese kulture. Dit word gebruik as 'n simbool van goddelikheid en spiritualiteit in Indiese gelowe, insluitende Hindoeïsme, Boeddhisme en Djainisme. Die simbool is gewoonlik in die vorm van 'n kruis, waarvan die arms ewe lank is en reghoekig op mekaar lê. Elke arm is in die middel teen 'n reghoek gebuig.

In die Westerse wêreld was dit tot in die 1930's 'n simbool van gunstigheid en goeie geluk. Toe het die Duitse Naziparty 'n kloksgewyse vorm daarvan as embleem van die Ariese ras begin gebruik. Weens die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust verbind die Weste dit nou steeds met nazisme en antisemitisme. Dit word nou beskou as simbool van wit heerskappy of bloot boosheid.

As gevolg daarvan is die gebruik van die swastika in sommige lande, insluitende Duitsland, verbode. Dit bly egter 'n simbool van goeie geluk en vooruitgang in Hindoeïstiese, Boeddhistiese en Djainistiese lande soos Nepal, Indië, Mongolië, Sri Lanka, China en Japan. Dit word ook algemeen gebruik in Hindoeïstiese huwelikseremonies en Divali-vierings.

Die woord "swastika" kom van Sanskrit स्वस्तिक swastika, "bevorderlik vir welsyn". In Hindoeïsme word die klokgewyse simbool, wat regs wys (卐), "swastika" genoem en simboliseer dit surya ("son"), vooruitgang en goeie geluk, terwyl die antikloksgewyse simbool, wat links wys (卍), sauwastika genoem word en die nag simboliseer, asook die tantriese aspekte van die godin Kali. In Djainisme is dit die simbool van suparshvanatha, die sewende van 24 spirituele leerstellings, en in Boeddhisme simboliseer dit die gunstige voetspore van die Boeddha.

In verskeie groot Indo-Europese godsdienste simboliseer die swastika weerligstrale wat die god van die donderweer en koning van die gode verteenwoordig, soos Indra in Vediese Hindoeïsme, Zeus in die antieke Griekse godsdiens, Jupiter in die antieke Romeinse godsdiens en Thor in die antieke Germaanse godsdiens. Die simbool word aangetref in die argeologiese oorblyfsels van die Indusvallei- en Samarrabeskawing, sowel as in vroeë Bisantynse en Christelike kuns.

Dit is in verskeie Europese tale bekend as die fylfot, gammadion, tetraskelion of cross cramponnée ('n term in Anglo-Normaanse heraldiek); Duits: Hakenkreuz; Frans: croix gammée; Italiaans: croce uncinata. In Mongools word dit хас (chas) genoem en hoofsaaklik op seëls gebruik. In Chinees word dit 卍字 (wànzì) genoem, wat beteken "simbool van alle dinge", in Japannees word dit manji uitgespreek, in Koreaans manja (만자) en in Viëtnamees vạn tự / chữ vạn.

Agting vir die swastikasimbool in Asiatiese kulture, in teenstelling met die stigma wat in die Weste daaraan kleef, het al tot misverstande en verkeerde vertolkings gelei.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Russiese inval in Oekraïne, 2022.

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat die Russiese komponis Dmitri Sjostakovitsj die DSCH- musikale motief gebruik het om homself in musieknote voor te stel?

... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is? In dié tyd het die plein ook as 'n mark en sportveld gedien.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

23 April: Sint Jorisdag in Engeland; Nasionale Soewereiniteit- en Kinderdag in Turkye (1920).

Pentium 4

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Seekoeie (Hippopotamus amphibius) in Chobe Nasionale Park, Botswana.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Weergawes met meer as 500 000 artikels
CatalàفارسیSuomiBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиНохчийнČeštinaDanskEsperantoEuskaraעבריתMagyarՀայերենBahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиТатарча / tatarçaTürkçeBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهБеларускаяবাংলাCymraegΕλληνικάEestiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųLatviešuBaso MinangkabauМакедонскиမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ТоҷикӣไทยاردوOʻzbekchaVolapük粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschMalagasyമലയാളംमराठीPlattdüütschनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipBasa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering