Germaanse mitologie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die term Germaanse mitologie het in sy nouste betekenis betrekking tot die mitologieë van verskillende Germaanse beskawings waarvan die ontstaansgeskiedenis tot in die Ystertydperk en die periode van die groot volksverhuisings terugdateer. Germaanse mites moet afsonderlik van die religieuse sfeer en tradisionele rites beskou word.

Ons kennis oor die Nordiese en Germaanse mitologie is uit die legendes oor Godhede en heldedigte ontsluit wat oorspronklik mondeling van generasie tot generasie oorgedra is - alhoewel die Germane die rune-alfabet ontwikkel het, is dit gewoonlik slegs vir kort inskrifte gebruik. Literêre tekste is eers relatief laat deur Christelike geleerdes met die Latynse alfabet neergeskryf.