Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Maandag, 24 Julie 2023
Hier is tans 109 298 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
'n Ouma en haar kleinkind tydens Nouruz in Koerdistan, Iran.

Veroudering is die proses van ouer word. Die term verwys hoofsaaklik na mense, baie ander diere en swamme, terwyl bakterieë, meerjarige plante en sommige eenvoudige diere potensieel onsterflik is.

By die mens verteenwoordig dit die stelselmatige ophoping van veranderings, wat fisiek, sielkundig en sosiaal kan wees. Reaksietyd kan byvoorbeeld met veroudering stadiger raak, terwyl herinneringe en algemene kennis kan toeneem. Veroudering is die grootste bekende risikofaktor vir die meeste menslike siektes: kanker, Alzheimersiekte, diabetes, hartbloedvatsiektes, beroerte en talle ander. Van die rofweg 150 000 sterftes wat elke dag wêreldwyd voorkom, is sowat twee derdes verwant aan ouderdom.

Huidige verouderingsteorieë word toegeskryf aan die skadekonsep, waar die ophoping van skade (soos DNS-oksidasie) kan veroorsaak dat biologiese stelsels ingee, of aan die geprogrammeerde verouderingskonsep, waar die interne prosesse (epigenetiese onderhoud soos DNS-metilering) inherent veroudering kan veroorsaak.

Mense en lede van ander spesies, veral diere, verouder en gaan dood. Swamme kan ook verouder. In teenstelling daarmee kan baie spesies as moontlik onsterflik beskou word: Bakterieë verdeel byvoorbeeld om dogterselle te produseer, aarbeiplante groei lopers om klone van hulleself te skep en diere in die genus Hydra het 'n herlewingsvermoë wat voorkom dat hulle van ouderdom doodgaan.

Veroudering en sterflikheid van die individuele organisme het moontlik geraak met die evolusie van seksuele voortplanting, wat begin het met die opkoms van die koninkryke Fungi/Animalia sowat 'n miljard jaar gelede en die ontwikkeling van saadplante 320 miljoen jaar gelede.

Die seksuele organisme kon hierna van sy genetiese materiaal oordra om nuwe individue te produseer en self misbaar word met betrekking tot die oorlewing van die spesie.

...lees verder

In die nuus
Vlae van Finland en die NAVO op 4 April 2023 in Helsinki.
Vlae van Finland en die NAVO op 4 April 2023 in Helsinki.

Het u geweet...

... dat 'n eenvoudige hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag.

... dat 'n eenvoudige hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag.

... dat die Wes-Kaapprovinsie drie amptelike tale het? Die amptelike tale van die provinsie is Afrikaans, Engels en Xhosa en die 1998-grondwet is in al drie tale beskikbaar. Volgens die 2011-sensus praat 49,7% van die bevolking Afrikaans, gevolg deur Xhosa (24,7%) en Engels (20,2%).

... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is? In dié tyd het die plein ook as 'n mark en sportveld gedien.

... dat Noord-Sotho nie 'n enkele taal is nie, al is dit 'n amptelike taal van Suid-Afrika? Dit is bloot 'n versamelnaam vir 'n klomp verwante tale, waarvan Pedi die grootste aantal sprekers het en die amptelike skryfwyse bepaal.

Vandag in die geskiedenis

24 Julie:

Machu Picchu
Machu Picchu

Voorbladbeeld
Die Kadriorg-paleis se oosfasade in Tallinn, Estland.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarçaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekcha
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipதமிழ்Тоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschLadinlombardമലയാളംPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering