1988
1988 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1983 | 1984 | 1985 | 1986 | 1987 | ◄ 1988 ► | 1989 | 1990 | 1991 | 1992 | 1993 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1988 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Kilauea-vulkaan (Puu Oo-strand) | ||||||||||||||||||||||
{{#ifexpr: 5090 > 0 |
|
Die jaar 1988 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 88ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 17-24 Januarie – Die vierde Paralimpiese Winterspele word in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.
- 13-28 Februarie – Die 15de Olimpiese Winterspele word in Calgary, Kanada, aangebied.
- 18 Maart – Die Hugenotetonnel op die N1-hoofweg tussen die Paarl en Worcester (Wes-Kaap, Suid-Afrika) word amptelik geopen.
- 25 April – John Demjanuk, bekend as "Iwan die Verskriklike" in die Treblinka verdelgingskamp, ontvang 'n doodsvonnis in Israel vir sy oorlogsmisdade tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 3 Junie – Die Litause hervormingsbeweging Sajūdis word deur bekende persoonlikhede, waaronder wetenskaplikes en kunstenaars, gestig.
- 3 Julie – Die Amerikaanse Vloot skiet vlug 655 van Iran Air af.
- 30 Augustus – Die laaste Suid-Afrikaanse magte word uit Angola onttrek.
- 10 September – Steffi Graf van Duitsland word slegs die derde vrou wat die tennis Grand Slam verower toe sy die Amerikaanse Opetoernooi wen.
- 12 September – Die Staatspresident van Suid-Afrika, P.W. Botha, lê 'n amptelike besoek aan Mosambiek af, een van die sogenaamde "frontliniestate".
- 13 September – President P.W. Botha besoek Malawi en beraadslaag met President Kamuzu Banda.
- 17 September–2 Oktober – Die 24ste Olimpiese Somerspele word in Seoel, Suid-Korea, aangebied.
- 1 Oktober – President P.W. Botha besoek Zaïre (die huidige Demokratiese Republiek van Kongo) en beraadslaag met President Mobutu Sese Seko.
- 11 Oktober – President P.W. Botha en die Minister van Buitelandse Sake, Pik Botha, beraadslaag in Switserland met internasionale nyweraars en bankiers nadat hulle die begrafnis van die Duitse deelstaat Beiere se Eerste Minister, Franz Josef Strauss, bygewoon het.
- 15–24 Oktober – Die agste Paralimpiese Somerspele word in Seoel, Suid-Korea, aangebied.
- 15 November – Die PLO verklaar in Algiers die onafhanklikheid van die Staat Palestina met Jerusalem as hoofstad.
- 17 November – Die regsgesinde Blanke Bevrydingsbeweging (BBB) word deur die Minister van Wet en Orde, Adriaan Vlok, verbied.
- 24 November – Die Boksburgse stadsraad besluit om 'n aantal ou kleinapartheidsmaatreëls weer in te stel. Swart verbruikers begin 'n boikot van blanke winkels.
- 21 Desember – Die Lockerbie-bomaanval vind plaas: Pan Am vlug 103 word deur 'n bom opgeblaas.
- 31 Desember – Prof. Tjaart van der Walt tree af as rektor van die PU vir CHO.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 4 Januarie – Carina Nel, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 28 Januarie – Kiernan Jordan Forbes (AKA), Suid-Afrikaanse musiekkunstenaar en kletsrymer († 2023).
- 20 Februarie – Rihanna, sangeres-liedjieskryfster en aktrise.
- 15 Maart – Juan de Jongh, Springbokrugbyspeler.
- 6 April – Francois Hougaard, Springbokrugbyspeler.
- 10 April – Haley Joel Osment, Amerikaanse akteur.
- 25 April – Sara Paxton, Amerikaanse aktrise en skyfster.
- 26 April – Suzaan van Biljon, Suid-Afrikaanse swemmer.
- 26 April – Rutger Bregman, Nederlandse populêre historikus en skrywer.
- 8 Mei – Lise de la Salle, Franse klassieke pianis.
- 15 Mei – Nicole Flint, Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin, Mej Suid-Afrika 2009.
- 25 Mei – Cameron van der Burgh, Suid-Afrikaanse swemmer en Olimpiese goue-medaljewenner.
- 26 Junie – Trisha Chetty, Suid-Afrikaanse internasionale vrouekrieketspeler.
- 26 Junie – Amanda Du-Pont, Suid-Afrikaanse filmster.
- 13 Julie – Steven R. McQueen, Amerikaanse akteur.
- 28 Julie – Leandie du Randt, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 8 Augustus – Prinses Beatrice van York, Britse koninklike en oudste dogter van prins Andrew, en Sarah Ferguson.
- 21 September – Tom MacDonald, Kanadese kletsrymer en sanger.
- 5 Oktober – Shabnim Ismail, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 5 November – Virat Kohli, Indiese krieketspeler.
- 31 Oktober – Sébastien Buemi, Switserse professionele renjaer.
- 13 Desember – Tim Aminov, Russiese musikant en musiekvervaardiger.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 12 Januarie – Connie Mulder, Suid-Afrikaanse politikus (* 1925).
- 19 Januarie – Jevgeni Mrawinski, Russiese dirigent (* 1903).
- 25 Januarie – Colleen Moore, Amerikaanse aktrise (* 1899).
- 28 Januarie – Klaus Fuchs, Duitse teoretiese fisikus en atoomspioen (* 1911).
- 9 Maart – Kurt Georg Kiesinger, Duitse regsgeleerde, politikus en bondskanselier (* 1904).
- 10 Maart – William Wordsworth, Britse komponis en nasaat van die broer van die bekende Engelse digter William Wordsworth (* 1908).
- 3 April – Prof. C.J.M. Nienaber, Afrikaanse letterkundige (* 1918).
- 12 April – Alan Paton, Suid-Afrikaanse skrywer en politieke leier (* 1903).
- 22 April – Irene Rich, Amerikaanse aktrise (* 1891).
- 14 Mei – Willem Drees, Nederlandse eerste minister (* 1886).
- 27 Mei – Ernst Ruska, Duitse elektriese ingenieur wat die elektronmikroskoop uitgevind het (* 1906).
- 5 Junie – Charles Jacobie, Afrikaanse country-sanger (* 1928).
- 10 Junie – Louis L'Amour, Amerikaanse skrywer (* 1908).
- 17 Junie – Percy Qoboza, redakteur van die dagblad City Press en pionier van die swart joernalistiek.
- 5 Julie – P.J. Schoeman, Afrikaanse skrywer (* 1904).
- 11 Augustus – Anne Ramsey, Amerikaanse aktrise (* 1929).
- 14 Augustus – Enzo Ferrari, Italiaanse motorrenjaer en entrepreneur (* 1898).
- 6 September – Axel von Ambesser, Duitse akteur (*1910).
- 15 Oktober – Kaikhosru Shapurji Sorabji, Engelse pianis, komponis en kritikus (* 1892).
- 13 November – Antal Doráti, Hongaarse dirigent (* 1906).
- 14 November – Alex Heyns, Afrikaanse akteur (* onbekend).
- 22 November – Raymond Dart, Australiesgebore Suid-Afrikaanse professor en 'n bekende antropoloog (* 1893).
- 6 Desember – Roy Orbison, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en musikant; bekend vir sy emosiebelaaide sangstyl (* 1936).