2007
2007 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2002 | 2003 | 2004 | 2005 | 2006 | ◄ 2007 ► | 2008 | 2009 | 2010 | 2011 | 2012 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2007 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Helen Zille, burgemeester van Kaapstad | ||||||||||||||||||||||
{{#ifexpr: 5109 > 0 |
|
Die jaar 2007 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 7de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Bulgarye en Roemenië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en word lidstate van die Europese Unie en die Euro word ingelei in Slowenië. Albanië, Bosnië-Herzegowina, Kosowo, Moldowa, Montenegro en Serwië sluit by die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms aan.
- 30 Januarie – ’n Omroeper by SAFM, John Perlman, bedank nadat hy politieke sensorskap by die SAUK onthul het.
- 14 Februarie – Die Valentynsdag-blizzard in die noordooste van die VSA met die swaarste sneeuvalle in sowat vier dekades eis dertien menselewens.
- 13 Maart–28 April – Die 9de Krieketwêreldbeker word in Wes-Indië aangebied en deur Australië gewen.
- 21 Maart – Op die internasionale dag teen rassisme van die Verenigde Nasies het die Vlaamse swart politikus Wouter Van Bellingen 626 paartjies in die eg verbind.
- 6 Mei – Helen Zille, burgemeester van Kaapstad, word met ’n meerderheid van 73% verkies tot leier van die DA.
- 17 Mei – Hemelvaartsdag.
- 24 Mei – Sandra Botha word verkies tot leier van die DA in die parlement.
- 30 Mei – Anthe, Saturnus se 60ste natuurlike satelliet, word ontdek danksy foto's deur die Cassini-Huygens-ruimtetuig.
- 1 Junie – In Suid-Afrika het 'n 27 dae lange staatsdiensstaking begin, die grootste staking sedert die demokratiese verkiesing in 1994.
- 28 Junie – Sydney-operahuis word 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied.
- 15 Augustus – Pous Benedictus XVI verklaar dat daar geen beswaar ("nihil ostare") is teen die begin van die saligverklaringsproses vir Pous Pius VII nie.
- 7 September–20 Oktober – Die 6de Rugbywêreldbeker word in Frankryk aangebied en deur Suid-Afrika gewen.
- 11–24 September – Die 1ste T20I-wêreldbeker word in Suid-Afrika aangebied en deur Indië gewen.
- 28 Oktober – Cristina Fernández de Kirchner word as die 55ste staatspresident van Argentinië – en tweede vrou na Isabel Perón wat hierdie amp beklee – verkies. Sy volg haar man Néstor as staatshoof op.
- 18 Desember – Jacob Zuma onttroon Thabo Mbeki as president van die ANC. Nie een van Mbeki se vertrouelinge word tot die ses topposte van die party verkies nie.
- 28 Desember – Jacob Zuma word amptelik aangekla; o.a. van bedrog, korrupsie, omkopery en swendelary.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 3 Januarie – Larry, hoof muisvanger van die Kabinetskantoor van die Verenigde Koninkryk.
- 21 Januarie – Kennedi Clements, Kanadese aktrise.
- 25 Januarie – Olivia Edward, Amerikaanse aktrise.
- 16 Mei – Ivy George, Amerikaanse aktrise.
- 6 Junie – Aubrey Anderson-Emmons, Amerikaanse aktrise.
- 18 Julie – JD McCrary, Amerikaanse akteur.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 4 Januarie – Marais Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus en vyfde Staatspresident van Suid-Afrika (1979–1984) (* 1915).
- 7 Januarie − Magnus Magnusson, Yslandse joernalis, vertaler, skrywer en televisie-aanbieder (* 1929).
- 26 Januarie – David Rattray, Suid-Afrikaanse geskiedkundige (* 1958).
- 8 Februarie – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise (* 1967).
- 17 Februarie – Jurga Ivanauskaitė, Litause skryfster, essayis, toneelskryfster, skilderes en digteres (* 1961).
- 6 Maart – Jean Baudrillard, Franse sosioloog, kultuurkritikus en filosoof (* 1929).
- 8 Maart – Herman Ridderbos, Nederlandse dominee en teoloog (* 1909).
- 14 Maart – Gareth Hunt, Britse akteur (* 1942).
- 15 Maart – Fons de Haas, Nederlandse joernalis (* 1926).
- 17 Maart – Valère Vautmans, Belgiese politikus (* 1944).
- 18 Maart – Bob Woolmer, Engelse krieketspeler en -afrigter (* 1948).
- 20 Maart – Albert Baez, Mexikaans-Amerikaanse fisikus en die vader van die sangeresse Joan Baez en Mimi Fariña (* 1912).
- 24 Maart – Florentine Rost van Tonningen, voorstander van die Nasionaal Sosialistiese Beweging (NSB) in Nederland (* 1914).
- 31 Maart – Ds. Vidius Nel, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1924).
- 11 April – Kurt Vonnegut, Amerikaanse skrywer (* 1922).
- 11 April – Roscoe Lee Browne, Amerikaanse akteur (* 1925)
- 16 April – Hannah Botha, Afrikaanse aktrise (* 1923).
- 23 April – Boris Jeltsin, 1ste president van die Russiese Federasie (* 1931).
- 27 April – Mstislav Rostropovich, Russiese musikus (* 1927).
- 30 April – Grégory Lemarchal, Franse sanger (* 1983).
- 1 Mei – Emgee Pretorius, Afrikaanse akteur (* 1923).
- 3 Mei – Wally Schirra, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1923).
- 8 Junie – Richard Rorty, Amerikaanse filosoof (* 1931).
- 17 Junie − Gianfranco Ferré, Italiaanse modeontwerper en entrepreneur (* 1944).
- 29 Junie – Prof. Hennie Bingle, rektor van die PU vir CHO van 1964 tot 1977 (* 1910).
- 11 Julie – Bill Flynn, Suid-Afrikaanse akteur (* 1948).
- 20 Julie – Tammy Faye Messner, Amerikaanse aktrise (* 1942).
- 23 Julie – Ernst Otto Fischer, Duitse chemikus en Nobelprys wenner (* 1918).
- 30 Julie – Ingmar Bergman, Sweedse teater- en rolprentregisseur (* 1918).
- 1 Augustus – Ryan Cox, Suid-Afrikaanse fietsryer (* 1979).
- 6 September – Luciano Pavarotti, Italiaanse tenoor (* 1935).
- 21 September – Alice Ghostley, Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 23 September – Dr. Jan van Elfen 'n skrywer van mediese boeke onder andere Dokter in die huis (* 1929).
- 28 September – Charles B. Griffith, Amerikaanse draaiboekskrywer (* 1930).
- 17 Oktober – Joey Bishop, Amerikaanse akteur (* 1918).
- 19 Oktober – Jan Hendrik Wolkers, Nederlandse skrywer, beeldhouer en skilder (* 1925).
- 25 Oktober – Patrick Mynhardt, Suid-Afrikaanse film- en teaterakteur (* 1932).
- 12 November – Piet Koornhof, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1925).
- 16 November – Elize Botha, Suid-Afrikaanse akademikus (* 1930).
- 20 November – Ian Smith, Rhodesiese eerste minister (* 1919).
- 22 November – Maurice Béjart, Franse choreograaf (* 1927).
- 30 November – Evel Knievel, Amerikaanse waaghals en vermaakkunstenaar (* 1938).
- 1 Desember – Elisabeth Eybers, Afrikaanse digteres en ontvanger van die Hertzogprys (* 1915).
- 27 Desember – Benazir Bhutto, Pakistanse politikus (* 1953).