Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Jupiter is die vyfde planeet van die Son af en die grootste in die Sonnestelsel. Dit is 'n gasreus met 'n massa van meer as twee en 'n half keer dié van al die ander planete in die Sonnestelsel saam, maar effens kleiner as 'n duisendste van die Son se massa. Jupiter is die helderste natuurlike voorwerp in die Aarde se naglug naas die Maan en Venus, en dit word reeds sedert die voorgeskiedenis waargeneem. Dit is genoem na die Romeinse god Jupiter, die koning van die gode. Jupiter bestaan hoofsaaklik uit waterstof, maar helium beslaan 'n kwart van sy massa en 'n tiende van sy volume. Dit het waarskynlik 'n rotsagtige kern van swaarder elemente, maar ontbreek, nes die ander gasreuse in die Sonnestelsel, 'n goed gedefinieerde soliede oppervlak. Die voortdurende sametrekking van Jupiter se binnekant wek meer hitte op as wat dit van die Son kry. Vanweë sy vinnige rotasie is Jupiter se vorm 'n afgeplatte sferoïde: Dit het 'n effense maar merkbare uitstulping om sy ewenaar. Die buitenste atmosfeer is verdeel in 'n reeks bande in sy breedte, met onstuimigheid en storms aan die grense tussen hulle. 'n Prominente gevolg hiervan is die Groot Rooi Vlek, 'n reusestorm wat minstens sedert 1831 sigbaar is. Jupiter word omring deur 'n dowwe planetêre ringstelsel en 'n kragtige magnetosfeer. Sy magnetiese stert is byna 800 miljoen km (5,3 AE) lank en strek amper tot by Saturnus se wentelbaan. Jupiter het 80 bekende mane en moontlik meer, insluitende die vier groot mane van Galilei wat in 1610 deur Galileo Galilei ontdek is: Io, Europa, Ganumedes en Kallisto. Io en Europa is omtrent so groot soos die Aarde se Maan, Kallisto is amper so groot soos die planeet Mercurius en Ganumedes is groter. Pioneer 10 was die eerste ruimtetuig wat Jupiter besoek het. Sy naaste afstand aan die planeet was in Desember 1973. Verskeie robottuie het Jupiter sedertdien besoek, onder meer die Pioneer- en Voyager-verbyvlugsendings van 1973 tot 1979, en later die Galileo-wenteltuig in 1995. In 2007 het die New Horizons die planeet besoek en sy swaartekrag gebruik om sy spoed te verhoog en sy baan aan te pas op sy vlug na Pluto. Die laaste tuig wat Jupiter besoek het, is Juno, wat in Julie 2016 in 'n wentelbaan om die planeet gegaan het. Toekomstige teikens in die Jupiter-stelsel wat besoek sal word, sluit moontlik in die ysbedekte vloeistofoseaan van Europa.
In die nuus
Het u geweet...
... dat Suid-Afrika Finland in 1939 bygestaan het in die Winteroorlog? Verskeie lande het Finland bygestaan en Suid-Afrika het 29 Gloster Gauntlet-vliegtuie geskenk.
...dat water sy hoogste digtheid by 4°C bereik? Hierdie eienskap is belangrik vir waterorganismes en kom in slegs twee ander stowwe voor. ...dat die taalkundige verhouding tussen Fidjiaanse Hindi en Hindi soortgelyk is aan dié tussen Afrikaans en Nederlands? Fidjiaanse Hindi het uit die Oos-Hindi-dialekte Awadhi en Bhojpuri ontstaan, met verskeie Engelse en Fidjiaanse leenwoorde. ...dat 'n springhaas nie werklik 'n haas is nie, maar 'n knaagdier? ...dat die Gautrein se spoorwydte van 1 435 mm breër is as die standaardwydte van 1 067 mm van die Suid-Afrikaanse smalspoor? Dit is só gekies om die trein se stabiliteit te verseker teen sy topsnelheid van 160 km/h.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Winaray • Tiếng Việt • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Català • فارسی • Suomi • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Српски / srpski | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Български • Нохчийн • Čeština • Dansk • Esperanto • Euskara • עברית • Magyar • Հայերեն • Bahasa Melayu • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Татарча / tatarça • Türkçe • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • Беларуская • বাংলা • Cymraeg • Ελληνικά • Eesti • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Latviešu • Baso Minangkabau • Македонски • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Malagasy • മലയാളം • मराठी • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Scots • Shqip • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|