VOORBLADARTIKEL

Opstande: Sharpeville, Langa en Soweto

Suid-Afrika het voor 1994 baie anders as vandag gelyk. Die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika het in 1994 plaasgevind, en die politieke landskap totaal verander. Voor 1994 was die Nasionale Party aan bewind en hulle het ’n beleid van afsonderlike ontwikkeling gehad. Ons noem dit apartheid. Apartheid was die amptelike beleid van 1948 tot 1994 en ...
Lees verder

Het jy geweet?

Die Vroue-optog van 1915 was die eerste groot optog van vroue na die Uniegebou in Pretoria. Daar was ook  ʼn groot optog van Afrikanervroue na die Uniegebou in 1940. Maar Vrouedag – wat jaarliks op 9 Augustus plaasvind – herdenk egter net die optog van vroue na die Uniegebou op 9 Augustus 1956.

Lees meer

 

Die ossewa wat Gerrit Maritz vir die Laas-familie gebou het, staan nou in die Voortrekkermonument!

Foto: iStock
Lees meer

Vandag in geskiedenis - 2 Oktober

1871 - Sir Henry Barkly was van 1870 tot 1875 Goewerneur van die Kaapkolonie en het die diamantvelde van Griekwaland-Wes op 27 Oktober 1871 geannekseer. As rede voer hy aan dat die duisende delwers in toom gehou en die Griekwas se grondregte beskerm moes word.

1937 - Die SAUK se Afrikaanse radiodiens begin uitsaai.

1985 - Gewapende mans bestorm die Marmottan-museum in Parys en roof nege waardevolle skilderye.

2006 - Die Johannesburgse Internasionale Lughawe is op 27 Oktober deur Pres. Thabo Mbeki herdoop tot die O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Foto: iStock
Gee terugvoer