Turkmenistan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Turkmenistan
Vlag van Turkmenistan Embleem van Turkmenistan
Vlag Embleem
Volkslied:
Garaşsyz Bitarap Türkmenistanyň Döwlet Gimni
Ligging van Turkmenistan
Hoofstad Asjchabat

37°58′N 58°20′O / 37.967°N 58.333°O / 37.967; 58.333

Grootste stad Asjchabat
Amptelike tale Turkmeens
Regering Unitêre dominante party
presidensiële republiek
Gurbanguly Berdimuhamedow
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
Turkmeense SSR
• Verklaar
• Erken

van die Sowjetunie
13 Mei 1925
27 Oktober 1991
25 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
491 210[1] km2  (52ste)
188 456 myl2
4,9
Bevolking
 - 2014-skatting
 - Digtheid
 
5 171 943[2] (112de)
10,5 / km2 (208ste)
27,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$43,359 miljard[3]
$7 846[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$25,742 miljard[3]
$4 658[3]

MOI (2013) Green Arrow Up Darker.svg 0,698[4] (103de)  –  medium
Geldeenheid Manat (TMT)
Tydsone
 - Somertyd
TMT (UTC+5)
nie toegepas nie (UTC+5)
Internet-TLD .tm
Skakelkode +993

Turkmenistan, 'n voormalige Sowjet-republiek, is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië met 'n oppervlakte van 491 210 km². Sy buurlande is Kasakstan, Oesbekistan, Afghanistan en Iran. Die natuurlike grense van Turkmenistan is die Kaspiese See in die weste (die grenslyn met Azerbeidjan loop deur die see), die Amoedarja-rivier in die noorde en die Kopet-Dag-bergreeks in die suide.

Oorsig[wysig | wysig bron]

Nasa-satellietbeeld van Turkmenistan
Kaart van Turkmenistan
Topografie van Turkmenistan

Sowat negentig persent van Turkmenistan se oppervlakte word deur die Karakum-woestyn (letterlik die "Swart Sand") en die Kopet-Dag-gebergte beslaan. Net sowat 5 000 km² is vrugbare landbougrond, waarvan twee derdes egter net onder besproeiing vir landboudoeleindes gebruik kan word.

Meer as tagtig persent van die bevolking van 6,7 miljoen (volgens amptelike statistieke; internasionale skattings, soos dié van die CIA World Factbook, beraam die inwonertal op naastenby vyf miljoen) is etniese Turkmene, met Oesbeke, Kasakke en Russe as belangrikste minderhede. Meer as negentig persent van die bewoners is aanhangers van die Islamitiese godsdiens, terwyl Russies-Ortodokse Christene 'n minderheid van sowat nege persent vorm.

Daar word in Turkmeense volksverhale na die hoofstad Asjchabat (met sowat een miljoen inwoners) as die "Stad van Liefde" verwys. Die stad is die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land.

Klimaat[wysig | wysig bron]

'n Brandende gaskrater in Darvaza

Weens die skynbaar permanente sonskyn word na Turkmenistan soms as die "Land van die ewige tyd" verwys. Sy vastelandse klimaat word deur uiters warm en droë somers en koue winters gekenmerk. Reën val net soms in Maart, terwyl die kwik in die somer tot 'n maksimum van 50 °C kan styg.

Politiek[wysig | wysig bron]

Turkmenistan is 'n presidensiële republiek met 'n eenkamer-parlement wat deur die regerende Demokratiese Party van Turkmenistan, die opvolger van die Kommunistiese Party van die Turkmeense Sosialistiese Sowjetrepubliek, oorheers word. Die grondwet van Turkmenistan maak voorsiening vir opposisie-partye, alhoewel daar tans geen sulke party amptelik bestaan nie. Die parlement het 'n swak posisie sodat Gurbanguly Berdimuhamedow, die huidige president (sedert 2007) en regeringsleier in personele unie, met omvattende bevoegdhede regeer.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Die Turkmeense ekonomie word tans nog deur 'n uitgebreide staatssektor gekenmerk, waarby staatsondernemings hulle invloed veral in die olie- en gasbedryf laat geld. Met die hervormings van 2008 word egter in die Turkmeense grondwet erkenning aan die beginsel van 'n vrye markekonomie verleen.

Die huidige staatspresident Berdimuhamedow is 'n voorstander van ekonomiese hervorming en modernisering. Tans word buitelandse beleggings in die land nog deur die gebrek aan 'n regtelike raamwerk, onvoldoende samewerking met die buurlande en korrupsie bemoeilik.

Die monetêre hervorming van 2008 het die swartmarkprys vir die inheemse geldeenheid manat deur 'n gekonsolideerde wisselkoers teenoor die Amerikaanse dollar vervang. Sedert 1 Januarie 2009 verhandel die manat teen 'n vaste wisselkoers van $1 = 2,8430 TMT.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (ru) Государственный комитет Туркменистана по статистике : Информация о Туркменистане : О Туркменистане Geargiveer 7 Januarie 2012 op Wayback Machine : Туркменистан — одна из пяти стран Центральной Азии, вторая среди них по площади (491,21 тысяч км2), расположен в юго-западной части региона в зоне пустынь, севернее хребта Копетдаг Туркмено-Хорасанской горной системы, между Каспийским морем на западе и рекой Амударья на востоке.
  2. (en) Department of Economic and Social Affairs Population Division (2009). "World Population Prospects, Table A.1" (PDF). 2008 revision. United Nations. Besoek op 14 Augustus 2014. Cite journal requires |journal= (hulp)
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Turkmenistan". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 14 Augustus 2014.
  4. "2014 Human Development Report Summary" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2014. pp. 21–25. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 14 Augustus 2014.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]