Turku

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Turku
Åbo
Turku postcard.jpg

Kaart Wapen
Turku.sijainti.suomi.2008.svg
Turku.vaakuna.svg
Vlag
Vexillum aboense.jpg
 Land Flag of Finland.svg Finland
 Provinsie Länsi-Suomen läänin vaakuna.svg Wes-Finland
 Administratiewe gewes Varsinais-Suomen.vaakuna.svg Varsinais-Suomi
 Koördinate 60°27′N 22°15′O / 60.450°N 22.250°O / 60.450; 22.250
 Stigting 13de eeu
 Stadstatus 1525
 Oppervlakte:  
 - Totaal 306,36 vk km
 - waarvan land 245,66 vk km
 Hoogte bo seevlak 20 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 September 2014) 183 811
 - Bevolkingsdigtheid 748,2/vk km
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Stadsdirekteur Aleksi Randell
 Amptelike Webwerf www.turku.fi

Turku [ˈturku], Sweeds Åbo [ˈoːbu], is 'n stad en munisipaliteit aan die suidweskus van Finland. Met 183 811 inwoners (soos op 30 September 2014) is dit die vyfde grootste stad in die land en die sentrum van die derde grootste metropolitaanse gebied na Helsinki (Helsingfors) en Tampere (Tammerfors) met 'n bevolking van meer as 300 000.

Turku is die oudste stad van Finland en het tot en met 1812 ook as die hoofstad van die land gefungeer. Turku was daarnaas ook die setel van Finland se eerste universiteit, die Sweedstalige Åbo Akademi. Ook die Universiteit van Finland is hier gestig, maar in 1828 na Helsinki verskuif.

Nadat die Sweedse koning Gustav Wasa in 1525 stadstatus aan Turku verleen het, was dit eeue lank 'n beduidende sentrum van Finland se Sweedssprekende gemeenskap. Die stad is vandag nog steeds amptelik tweetalig, tog is Sweeds tans 'n minderheidstaal wat deur 5,2 persent van die bevolking gepraat word.

Turku is 'n beduidende seehawe (met veerbootverbindings na Mariehamn op Åland en na Stockholm), die setel van 'n universiteit en 'n Evangelies-Lutherse aartsbiskop. Saam met die Estniese hoofstad Tallinn is Turku as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2011 aangewys.

'n Aantal brande het baie van die ouer geboue in Turku vernietig; die 13de eeuse katedraal, wat in 1827 deur 'n brand verniet is, is onmiddellik herbou en is die setel van die Aartsbiskop van Finland. Die ou kasteel, waarvan die oudste deel ook in die 13de eeu gebou is, huisves 'n historiese museum.

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]