Krieketwêreldbeker 1979

Die Krieketwêreldbeker 1979 (Engels: 1979 Cricket World Cup) het van 9 tot en met 23 Junie 1979 in Engeland plaasgevind. Dit was die tweede krieketwêreldbeker in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK) aangebied is en die tweede in Engeland.[3] Dié land het voorheen die toernooi van Krieketwêreldbeker 1975 gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1979 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik as die Prudentialbeker 1979 bekend.

Krieketwêreldbeker 1979
Krieketwêreldbeker 1979.svg
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1979
Datums 9 Junie – 23 Junie
Bestuurder Internasionale Krieketkonferensie (IKK)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Kampioen Vlag van Wes-Indië Wes-Indië (2de titel)
Naaswenner Vlag van Engeland Engeland
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
Meeste lopies Vlag van Wes-Indië Gordon Greenidge (253)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Engeland Mike Hendrick (10)[2]
1975
1983
Die Prudentialbeker vir die krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983

Die toernooi se formaat van 1975 het onveranderd gebly en agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1979 deelgeneem, waartydens 15 wedstryde gespeel is. Die spanne is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die boonste twee spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners van hierdie wedstryde het in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.

Die verdedigende kampioen Wes-Indië wen op 23 Junie met 92 lopies teen Engeland op Lord’s in Londen en het sodoende hul tweede titel ingepalm. Nieu-Seeland en Pakistan was die ander twee semi-finaliste.

Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land. Die nasionale krieketspan van Kanada het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Al die ander spanne het vir ’n tweede keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.

ToewysingWysig

Volgens die IKK het net Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983 te huisves, vervolgens is dié toernooie aan Engeland toegeken.[4]

DeelnemersWysig

Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus outomaties vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer. Sri Lanka en Kanada was die enigste twee spanne sonder toetsstatus en het gekwalifiseer omdat hulle die IKK-trofee-eindstryd in 1979 bereik het.[5] Sri Lanka het sy toetsstatus in 1982 ontvang.[6] Oos-Afrika, wat aan die eerste krieketwêreldbeker deelgeneem het, kon nie vir hierdie krieketwêreldbeker kwalifiseer nie, dus het – vir die enigste keer in die toernooi se geskiedenis – geen Afrikaspan deelgeneem nie.[7][8]

 
Uitslag van die kwalifisering:

   Gekwalifiseer as volle lid van Internasionale Krieketkonferensie (IKK)

   Gekwalifiseer tydens die IKK-trofee in 1979

   Nie gekwalifiseer nie

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
  Engeland Gasheer Tweede 1975 Halfeindrondte (1975) A
  Australië Volle lede Tweede 1975 Naaswenner (1975) A
  Indië Tweede 1975 Groepfase (1975) B
  Nieu-Seeland Tweede 1975 Halfeindrondte (1975) B
  Pakistan Tweede 1975 Groepfase (1975) A
  Wes-Indië Tweede 1975 Kampioen (1975) B
  Sri Lanka IKK-trofee in 1979-wenner Tweede 1975 Groepfase (1975) B
  Kanada IKK-trofee in 1979-naaswenner Eerste Debuut A

StadionsWysig

Die tweede krieketwêreldbeker is in Engeland se ses tradisionele toetskrieketstadions gespeel. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Krieketwêreldbeker 1979 gespeel, waarvan twee halfeindstryde en een eindstryd.

Londen, Groter Londen
Krieketwêreldbeker 1979 (Engeland)
Londen, Groter Londen
Lord’s The Oval
51°31′45.84″N 0°10′21.72″W / 51.5294000°N 0.1727000°W / 51.5294000; -0.1727000 (Lord’s) 51°29′1″N 0°6′54″W / 51.48361°N 0.11500°W / 51.48361; -0.11500 (The Oval)
Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 23 500
   
Birmingham, Wes-Midlands Manchester, Groter Manchester
Edgbaston Old Trafford
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W / 52.4558139; -1.9024889 (Edgbaston) 53°27′22.85″N 2°17′12.34″W / 53.4563472°N 2.2867611°W / 53.4563472; -2.2867611 (Old Trafford)
Kapasiteit: 21 000 Kapasiteit: 19 000
   
Nottingham, Nottinghamshire Leeds, Wes-Yorkshire
Trent Bridge Headingley
52°56′12.78″N 1°07′55.78″W / 52.9368833°N 1.1321611°W / 52.9368833; -1.1321611 (Trent Bridge) 53°49′3.58″N 1°34′55.12″W / 53.8176611°N 1.5819778°W / 53.8176611; -1.5819778 (Headingley)
Kapasiteit: 15 350 Kapasiteit: 14 000
   

KalenderWysig

Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1979 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
12
Ma
13
Di
14
Wo
15
Do
16
Vr
17
Sa
18
Groep A 2 2 2
Groep B 2 2 1 1
Uitklopfase
Junie
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Uitklopfase 2 1
Legende

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Eindstryd

WedstrydeWysig

In twee groepe van vier spanne elk het elke span een keer teen al die ander spanne wedstryde gespeel; vir ’n oorwinning is vier punte, terwyl vir ’n gelykop of geen uitslag twee punte toegeken is. Die twee boonste spanne van albei groepe het vir die halfeindrondte gekwalifiseer, waarvan albei wenners tot die eindstryd gevorder het. Altesaam 15 wedstryde is gespeel, waarvan 12 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd.[9]

GroepfaseWysig

Groep AWysig

Span Wed Wen Ver GU LT Pte
  Engeland 3 3 0 0 +3.07 12
  Pakistan 3 2 1 0 +3.60 8
  Australië 3 1 2 0 +3.16 4
  Kanada 3 0 3 0 +1.60 0
9 Junie 1979

Telkaart
  Australië
159/9 (60 boulbeurte)
t
  Engeland
160/4 (47.1 boulbeurte)
Andrew Hilditch 47 (108)
Geoffrey Boycott 2/15 (6 boulbeurte)
Graham Gooch 53 (96)
Trevor Laughlin 2/38 (9.1 boulbeurte)
Engeland wen met 6 paaltjies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: David Constant (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Graham Gooch (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
9 Junie 1979

Telkaart
  Kanada
139/9 (60 boulbeurte)
t
  Pakistan
140/2 (40.1 boulbeurte)
Glenroy Sealy 45 (110)
Sarfraz Nawaz 3/26 (10 boulbeurte)
Sadiq Mohammad 57* (122)
John Valentine 1/18 (9 boulbeurte)
Pakistan wen met 8 paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Sadiq Mohammad (Pak)
13–14 Junie 1979

Telkaart
  Pakistan
286/7 (60 boulbeurte)
t
  Australië
197 almal uit (57.1 boulbeurte)
Asif Iqbal 61 (57)
Gary Cosier 3/54 (12 boulbeurte)
Andrew Hilditch 72 (129)
Sikander Bakht 3/34 (11 boulbeurte)
Pakistan wen met 89 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Asif Iqbal (Pak)
  • Australië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 14 Junie gebruik; 13 Junie uitgespoel.
  • Jeff Moss en Graeme Porter (albei Aus) het hul EDI-debuut gemaak.
13–14 Junie 1979

Telkaart
  Kanada
45 almal uit (40.3 boulbeurte)
t
  Engeland
46/2 (13.5 boulbeurte)
Franklyn Dennis 21 (99)
Chris Old 4/8 (10 boulbeurte)
Graham Gooch 21* (31)
Robert Callender 1/14 (6 boulbeurte)
Engeland wen met 8 paaltjies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: John Langridge (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Chris Old (Eng)
  • Kanada het die loot gewen en verkies om te kolf.
  • Reserwedag op 14 Junie gebruik; 13 Junie uitgespoel.
  • Robert Callender (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
16 Junie 1979

Telkaart
  Kanada
105 almal uit (33.2 boulbeurte)
t
  Australië
106/3 (26 boulbeurte)
John Vaughan 29 (43)
Alan Hurst 5/21 (10 boulbeurte)
Kim Hughes 27* (40)
Cornelius Henry 2/27 (10 boulbeurte)
Australië wen met 7 paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: David Constant (Eng) en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: Alan Hurst (Aus)
  • Australië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Charles Baksh (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
16 Junie 1979

Telkaart
  Engeland
165/9 (60 boulbeurte)
t
  Pakistan
151 almal uit (56 boulbeurte)
Graham Gooch 33 (90)
Majid Khan 3/27 (12 boulbeurte)
Asif Iqbal 51 (104)
Mike Hendrick 4/15 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 14 lopies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en David Evans (Eng)
Speler van die wedstryd: Mike Hendrick (Eng)
  • Pakistan het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.

Groep BWysig

Span Wed Wen Ver GU LT Pte
  Wes-Indië 3 2 0 1 +4.35 10
  Nieu-Seeland 3 2 1 0 +4.43 8
  Sri Lanka 3 1 1 1 +4.45 6
  Indië 3 0 3 0 +2.78 0
9 Junie 1979

Telkaart
  Indië
190 almal uit (53.1 boulbeurte)
t
  Wes-Indië
194/1 (51.3 boulbeurte)
Gundappa Viswanath 75 (134)
Michael Holding 4/33 (12 boulbeurte)
Gordon Greenidge 106* (173)
Kapil Dev 1/46 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 9 paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: David Evans (Eng) en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: Gordon Greenidge (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Surinder Khanna (Ind) het sy EDI-debuut gemaak.
9 Junie 1979

Telkaart
  Sri Lanka
189 almal uit (56.5 boulbeurte)
t
  Nieu-Seeland
190/1 (47.4 boulbeurte)
Anura Tennekoon 59 (96)
Brian McKechnie 3/25 (10.5 boulbeurte)
Glenn Turner 83* (143)
Ajit de Silva 1/39 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 9 paaltjies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Geoff Howarth (NZ)
13–15 Junie 1979

Telkaart
t
Wedstryd afgelas sonder dat ’n bal geboul is.
The Oval, Londen
Skeidsregters: onbekend
Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
  • geen loot nie
  • Twee reserwedae gebruik, as gevolg van swaar reën nie gespeel nie.
  • Dit was die eerste krieketwêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.[10]
13 Junie 1979

Telkaart
  Indië
182 almal uit (55.5 boulbeurte)
t
  Nieu-Seeland
183/2 (57 boulbeurte)
Sunil Gavaskar 55 (144)
Brian McKechnie 3/24 (12 boulbeurte)
Bruce Edgar 84* (167)
Mohinder Amarnath 1/39 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 8 paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Bruce Edgar (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
16–18 Junie 1979

Telkaart
  Sri Lanka
238/5 (60 boulbeurte)
t
  Indië
191 almal uit (54.1 boulbeurte)
Sunil Wettimuny 67 (120)
Mohinder Amarnath 3/40 (12 boulbeurte)
Dilip Vengsarkar 36 (57)
Somachandra de Silva 3/29 (11 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 47 lopies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: Ken Palmer (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Duleep Mendis (SL)
  • Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 18 Junie gebruik, oorspronklike wedstryddatum (16 Junie) is uitgewas; 17 Junie was ’n Sondag.
  • Ranjan Madugalle en Ranjan Gunatilleke (albei SL) het hul EDI-debuut gemaak.
16 Junie 1979

Telkaart
  Wes-Indië
244/7 (60 boulbeurte)
t
  Nieu-Seeland
212/9 (60 boulbeurte)
Clive Lloyd 73* (80)
Jeremy Coney 2/40 (12 boulbeurte)
Richard Hadlee 42 (48)
Andy Roberts 3/43 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 32 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Clive Lloyd (WI)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Ewen Chatfield (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.

UitklopfaseWysig

  Halfeindrondte Eindrondte
             
20 Junie – Manchester
   Engeland 221/8  
   Nieu-Seeland 212/9   23 Junie – Londen
       Engeland 194
20 Junie – Londen      Wes-Indië 286/9
   Wes-Indië 293/6
   Pakistan 250  

HalfeindrondteWysig

20 Junie 1979

Telkaart
  Engeland
221/8 (60 boulbeurte)
t
  Nieu-Seeland
212/9 (60 boulbeurte)
Graham Gooch 71 (84)
Brian McKechnie 2/46 (12 boulbeurte)
John Wright 69 (137)
Mike Hendrick 3/55 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 9 lopies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: John Langridge (Eng) en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Graham Gooch (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Wayne Larkins (Eng) het sy EDI-debuut gemaak.
20 Junie 1979

Telkaart
  Wes-Indië
293/6 (60 boulbeurte)
t
  Pakistan
250 almal uit (56.2 boulbeurte)
Gordon Greenidge 73 (107)
Asif Iqbal 4/56 (11 boulbeurte)
Zaheer Abbas 93 (122)
Colin Croft 3/29 (11 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 43 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en David Constant (Eng)
Speler van die wedstryd: Gordon Greenidge (WI)
  • Pakistan het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.

EindstrydWysig

23 Junie 1979

Telkaart
  Wes-Indië
286/9 (60 boulbeurte)
t
  Engeland
194 almal uit (51 boulbeurte)
Viv Richards 138* (157)
Phil Edmonds 2/40 (12 boulbeurte)
Mike Brearley 64 (130)
Joel Garner 5/38 (11 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 92 lopies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.


Krieketwêreldkampioen 1979
  Wes-Indië

StatistiekWysig

Finale puntestandWysig

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1979.

 
Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1979:

   Kampioen

   Naaswenner

   Halfeindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver LV LT +/– LT Pte
Finaliste
1   Wes-Indië B 5 4 1 0 1017 846 +171 18
2   Engeland A 5 4 0 1 786 853 –67 16
In die halfeindrondte uitgeskakel
3   Pakistan A 4 2 1 1 827 794 +33 10
4   Nieu-Seeland B 4 2 1 1 797 836 –39 10
In die groepfase uitgeskakel
5   Sri Lanka B 3 1 1 1 427 381 +46 +4.45 6
6   Australië A 3 1 0 2 462 551 –89 +3.16 4
7   Indië B 3 0 0 3 563 615 –52 +2.78 0
8   Kanada A 3 0 0 3 289 292 –3 +1.60 0

Meeste lopies en paaltjiesWysig

Meeste lopies:[1]
Naam Lopies
1   Gordon Greenidge 253
2   Viv Richards 217
3   Graham Gooch 210
4   Glenn Turner 176
5   John Wright 166
Meeste paaltjies:[2]
Naam Paaltjies
1   Mike Hendrick 10
2   Brian McKechnie 9
  Asif Iqbal
  Chris Old
5   Michael Holding 8
  Colin Croft
  Joel Garner

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Records / Prudential World Cup, 1979 / Most Runs". ESPNcricinfo. 23 Junie 1979. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 21 Julie 2019.
  2. 2,0 2,1 (en) "Records / Prudential World Cup, 1979 / Most Wickets". ESPNcricinfo. 23 Junie 1979. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 21 Julie 2019.
  3. (en) "England awarded 2019 World Cup". ESPNcricinfo. 30 April 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2019. Besoek op 21 Julie 2019.
  4. (en) "How limited-overs cricket led to birth of World Cup". Dawn. 9 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2019. Besoek op 21 Julie 2019.
  5. (en) "ICC Trophy 1979 – background". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2018. Besoek op 21 Julie 2019.
  6. (en) "The 1979 World Cup in England – West Indies retain their title". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2019. Besoek op 21 Julie 2019.
  7. (en) "Flashback: 1979 Cricket World Cup". Gulf News. 20 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2020. Besoek op 21 Julie 2019.
  8. (en) "The history of the Cricket World Cup: 1979". Medium.com. 22 Julie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2019. Besoek op 21 Julie 2019.
  9. (en) "The 1979 World Cup in England – West Indies retain their title". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2019. Besoek op 21 Julie 2019.
  10. (en) "Cricket World Cup 2015: Australia v Bangladesh washed out by rain". BBC. 21 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2019. Besoek op 21 Julie 2019.

Verdere leesstofWysig

Eksterne skakelsWysig


Krieketwêreldbeker  

Engeland 1975Engeland 1979Engeland / Wallis 1983Indië / Pakistan 1987Australië / Nieu-Seeland 1992Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003Wes-Indië 2007Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011Australië / Nieu-Seeland 2015Engeland / Wallis 2019Indië 2023Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027Indië / Bangladesj 2031