Pakistan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Islamitiese Republiek Pakistan
  • Islamic Republic of Pakistan  (Engels)
  • اسلامی جمہوریۂ پاكستان  (Oerdoe)
Vlag van Pakistan Embleem van Pakistan
Vlag Embleem
Nasionale leuse: ایمان، اتحاد، نظم[1]
Īmān, Ittiḥād, Naẓm
(Oerdoe vir: "Geloof, Eenheid, Dissipline")
Volkslied: قومی ترانہ Qaumī Tarānah[2]
Ligging van Pakistan
Hoofstad Islamabad

33°40′N 73°10′O / 33.667°N 73.167°O / 33.667; 73.167

Grootste stad Karatsji

24°51′N 67°01′O / 24.850°N 67.017°O / 24.850; 67.017

Amptelike tale Engels en Oerdoe[3]
Regering Federale parlementêre
grondwetlike republiek
Arif Alvi
Imran Khan
Onafhanklikheid
Vorming
• Opvatting van Pakistan
• Pakistan-verklaring
• Pakistan-resolusie
• Onafhanklikheid
en Dominium
• Islamitiese Republiek
• Ontbinding van Oos-
en Wes-Pakistan
• Huidige grondwet


29 Desember 1930
28 Januarie 1933
23 Maart 1940

14 Augustus 1947
23 Maart 1956

16 Desember 1971
14 Augustus 1973
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
881 913[4] km2  (36ste)
340 509 myl2
2,86
Bevolking
 - 2014-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
196 174 380[5] (5de)
212 742 631[6]
244,4 / km2 (56ste)
633,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1 061 miljard[7] (25ste)
$5 671[7] (137ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$304,4 miljard[8] (42ste)
$1 629[9] (145ste)

MOI (2013) Green Arrow Up Darker.svg 0,550[10] (147ste)  –  medium
Gini (2013) 30,7[11] –  medium
Geldeenheid Roepee (Rs) (PKR)
Tydsone
 - Somertyd
PK (UTC+05:00)
net soms toegepas (UTC+06:00)
Internet-TLD .pk
Skakelkode +92

Pakistan (Oerdoe: پاكستان, Pākistān), amptelik die Islamitiese Republiek Pakistan (Engels: Islamic Republic of Pakistan; Oerdoe: اِسلامی جمہوریہ پاکِستان‬, Islāmī Jumhūriyah Pākistān), is 'n staat in Suid-Asië. Dit word in die weste begrens deur Iran en Afghanistan, in die noorde deur die Volksrepubliek China en in die ooste deur Indië. In die suide grens die land aan die Arabiese See van die Indiese Oseaan. In die noordooste word Pakistan deur die Himalaja met bergpieke soos Broad Peak, Gasherbrum I, Gasherbrum II, K2 en Nanga Parbat begrens. Pakistan se geografie word gekenmerk deur die Indusvallei.

Nasa-Satellietbeeld van Pakistan
Kaart van Pakistan

Pakistan beslaan 'n oppervlakte van 881 913 en 'n bevolking van 212 742 631 in 2017 gehad. Die hoofstad is sedert 1960 Islamabad en die grootste stad is Karatsji. Ander groot stede sluit in Faisalabad, Gujranwala, Hyderabad, Lahore, Multan, Pesjawar, Quetta en Rawalpindi. Die amptelike tale is Engels en Oerdoe (ook nasionale taal), terwyl ander tale soos Beloetsji, Kasjmiri, Pandjabi, Pasjtoe, Persies en Sindhi net plaaslike erkenning geniet. Belangrike etniese groepe sluit in Beloetsje, Bengale, Muhajirs, Punjabi's, Pasjtoene, Saraiki's en Sindhi's.

Pakistan het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indië en met die Verdeling van Indië het dit saam met Bangladesj van sy buurland Indië geskei. In 1971 het die destydse Oos-Pakistan met Indiese ondersteuning die Bengaalse Onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan begin en op 26 Maart 1971 sy onafhanklikheid van Pakistan verklaar. Met die grondwet van 14 Augustus 1973 het dié land 'n federale parlementêre grondwetlike republiek geword. Pakistan is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Sedert die Verdeling van Indië veg Pakistan teen Indië en die Volksrepubliek China oor beheer van die voormalige prinsstaat Kasjmir, wat tot dusver tot vyf oorloë oor die verdeelde gebied gelei het.

Die naam Pakistan beteken "Land van die suiwer" in Persies en Oerdoe. Dit is ook afgelei van die gebiede in die voormalige Brits-Indië: Punjab, North-West Frontier Province (Afghania Province), Kasjmir, Sindh en Baluchistan.[12][13][14] Die letter i is toegevoeg om die spelling te verbeter en die korrekte naam in Persies en Oerdoe te kry.[15] Die agtervoegsel ـستان (-stān) is 'n Persiese woord en beteken "die plek van" en herinner ook aan die sinoniem (en verwante) Sanskrit-woord sthāna स्थान.[16] Pakistan beteken dus "land van die Pakistane".

Sport

Die Pakistanse openingskolwer Yasir Hameed speel teen Australië op Lord’s in Engeland

Die meeste en gewildste sportsoorte wat in Pakistan beoefen word, het hul oorsprong in die Verenigde Koninkryk en tydens die bestaan van Brits-Indië op die Indiese Subkontinent gevestig.

Veldhokkie word as Pakistan se nasionale sport beskou[17][18] en die Pakistanse nasionale hokkiespan het tot dusver drie goudmedaljes tydens Olimpiese Somerspele gewen: in 1960, 1968 en 1984.[19] Daarbenewens het Pakistan die Hokkiewêreldbeker tot dusver vier keer gewen (in 1971, 1978, 1982 en 1994), meer as enige ander nasie.[20]

Krieket is Pakistan se gewildste sport.[21] Die Pakistanse nasionale krieketspan het die Asiatiese beker twee keer (in 2000 en 2012), die Asiatiese Toetskampioenskap 1999, die Austral-Asiatiese kampioenskap drie keer (in 1986, 1990 en 1994) en die Krieketwêreldbeker 1992 gewen, asook tydens die Krieketwêreldbeker 1999 as naaswenner geëindig. Pakistan was die naaswenner van die T20I-wêreldbeker in 2007 in Suid-Afrika en het die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland gewen. In 2017 het Pakistan vir die eerste keer die Kampioentrofee ingepalm. In Maart 2009 het militante die Sri Lankaanse nasionale krieketspan tydens hul toer deur Pakistan aangeval met die gevolg dat tot Mei 2015 geen internasionale krieketwedstryde in Pakistan gespeel is nie.[22] Eweneens is Pakistan van sy rol as medegasheer vir die Krieketwêreldbeker 2011 ontneem.[23][24] Die Kampioentrofee 2025 sal in Pakistan aangebied word.[25]

Pakistan was gasheer of mede-gasheer van verskeie internasionale sportgeleenthede: die Suid-Asiatiese Spele van 1989 en 2004; die Squash Wêreldkampioenskappe van 1984, 1993, 1996 en 2003; die krieketwêreldbekertoernooie in 1987 en 1996; en die Hokkiewêreldbeker in 1990.

Verwysings

  1. (en) "The State Emblem". Ministry of Information and Broadcasting, Government of Pakistan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2007. Besoek op 13 Augustus 2014.
  2. (en) "National Symbols and Things of Pakistan". Government of Pakistan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 13 Augustus 2014.
  3. (en) "Welcome". Government of Pakistan. 2012. Besoek op 5 September 2018. "English, as an Official Language of Pakistan". Heritage Pakistan. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 5 September 2018.
  4. (en) "Pakistan statistics". Geohive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2016. Besoek op 13 Augustus 2014.
  5. (en) "U.S. and World Population Clock". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 5 September 2018.
  6. (en) "Pakistan Bureau of Statistics – 6th Population and Housing Census". www.pbscensus.gov.pk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2017. Besoek op 5 September 2018.
  7. 7,0 7,1 (en) "Pakistan". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 5 September 2018.
  8. (en) "Pakistan is now a $300-billion economy". The Express Tribune. 18 Mei 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2019. Besoek op 5 September 2018.
  9. (en) http://www.finance.gov.pk/survey/chapters_17/Economic_Indicators.pdf
  10. (en) "Human Development Report 2016" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 5 September 2018.
  11. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 5 September 2018.
  12. (en) Choudhary Rahmat Ali (28 Januarie 1933). "Now or Never. Are we to live or perish forever?". Cite journal requires |journal= (hulp)
  13. (en) S.M. Ikram (1 Januarie 1995). Indian Muslims and partition of India. Atlantic Publishers & Dist. pp. 177–. ISBN 978-81-7156-374-6. Besoek op 5 September 2018.
  14. (en) Rahmat Ali. "Rahmat Ali ::Now or Never". The Pakistan National Movement. p. 2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2013. Besoek op 13 Augustus 2014.
  15. (en) Roderic H. Davidson (1960). "Where is the Middle East?". Foreign Affairs. 38 (4): 665–675. doi:10.2307/20029452.
  16. (en) "Monier-Williams Sanskrit Dictionary". 1872. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 5 September 2018.
  17. (en) Khan, M. Ilyas (8 Augustus 2012). "Pakistan's Olympic humiliation in national sport". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op 20 Februarie 2021.
  18. (en) Abbott, David (2015). Changing World: Pakistan. Encyclopædia Britannica. p. 21. ISBN 978-1-62513-321-2.
  19. (en) Bill Mallon; Jeroen Heijmans (2011). Historical Dictionary of the Olympic Movement (4th revised uitg.). Scarecrow. p. 291. ISBN 978-0-8108-7249-3.
  20. (en) V.V.K.Subburaj (30 Augustus 2004). Basic Facts of General Knowledge. Sura College of Competition. p. 771. ISBN 978-81-7254-234-4.
  21. (en) Saad Khan (15 Maart 2010). "The Death of Sports in Pakistan". The Huffington Post. Besoek op 5 September 2018.
  22. (en) "Pakistan cricket future in doubt". BBC. 4 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 20 Februarie 2021.
  23. (en) "Pakistan counts cost of Cup shift". BBC. 18 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op 20 Februarie 2021.
  24. (en) "World Cup matches moved out of Pakistan". ESPNcricinfo. 17 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 20 Februarie 2021.
  25. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 16 November 2021.

Bronnelys

Algemeen

Eksterne skakels