Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Vrydag, 11 Februarie 2022
Hier is tans 102 001 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Die name van diegene wat gesterf het en as vermis gelys word, kan op die gedenkplaat in die tuine van die Uniegebou in Pretoria gevind word.

Tussen 200 000 en 100 000 jaar gelede het moderne mense regdeur Afrika begin ontwikkel, insluitend Suid-Afrika, waarmee die militêre geskiedenis van Suid-Afrika begin het. Die eerste mense was die voorouers van die San, wat later met suidbewegende Khoi-herders uit die noorde ontmoet het en gesamentlik as die Khoisan bekend geword het. Aangesien die vroegste bewyse van prehistoriese oorlogvoering in 'n Mesolitiese begraafplaas in Jebel Sahaba, wat vasgestel is om ongeveer 14 000 jaar oud te wees, kan aanvaar word dat konflik van die vroegste tye deel van ook die samelewings in Suid-Afrika was. Die Khoisan het ongeveer dieselfde tyd (300 n.C.) na die Kaapse Skiereiland en omstreke afgedryf. Verder noord het vroeë Ystertydperkgroepe die Limpoporivier oorgesteek, wie se afstammelinge sowat 1 000 jaar later die Afrika-koninkryk Mapungubwe gevorm het en met Indië, Arabië en China begin handel dryf het. Konflik tussen die inheemse inwoners en die Europese ontdekkers het reeds vroeg voorgekom met die Slag van Soutrivier op 1 Maart 1510 as die eerste skermutseling tussen die bemanning van 'n Portugese vloot onder leiding van Francisco de Almeida en die inheemse Khoikhoi.

In 1652 het Jan van Riebeeck en sy 90-man uit Nederland aangekom en 'n skeepssteunpos aan Tafelbaai gestig. Die Kaap het 'n belangrike punt beide geografies en polities geword, aangesien dit op die enigste vroeë handelsroete vanaf Europa en die Amerikas na Indië, die 'Spesery-eilande' van die Oos-Indiese Eilande, en die Ooste was. Oor die volgende 200 jaar het verskeie golwe van ander Europese en Indiese setlaars ook opgedaag en konflik het 'n inherente deel van uitbreidingspogings deur inheemse en nuwe aankomelinge geword. Daarna het die Nederlanders, Britte en tot 'n mate ook die Franse geveg om beheer oor die Kaap, met die Britte wat uiteindelik in 1806 geseëvier het. Verskeie Boere het daarna die binneland ingetrek om Britse heerskappy te ontsnap. Dit was ook die begin van die Mfecane (‘die verstrooiing, die verplettering’) van Swart Afrikane wat in Zoeloeland begin het, die Drakensberge oorgesteek het en deur die huidige Vrystaatse provinsie gevee het. Aangespoor deur die Zoeloekoning Shaka se groeiende militarisme, het dit 'n verwarrende maalstroom van beweging en bloedbad geword. Die toevoeging van die Voortrekkers op soek na grond en die nuutaangekome 1820 Britse Setlaars by hierdie mengsel het verdere konflikpotensiaal gebring. Die laat 1800's het die ontdekking van Suid-Afrika se enorme goud- en diamantrykdom beleef en imperiale aandag van Brittanje getrek.

Gedurende die 20ste eeu was Suid-Afrika in wese betrokke by drie totale oorloë, die Tweede Vryheidsoorlog en twee Wêreldoorloë. Hierdie konflikte vorm die basis van wat later sou kom, die Koue Oorlog in Suider-Afrika en die proliferasie van onderlingverbinde konflikte in die streek tussen 1960 en 1990. Die gewraakte Apartheid lei 'n tydperk van 1948 tot die vroeë 1990s in, van geïnstitusionaliseerde rassisme en die onderdrukking van nie-blankes, waartydens die African National Congress (asook ander swart-nasionalistiese bewegings) verbied is en hul leiers, insluitend Nelson Mandela, na die gevangenis op Robbeneiland verban is. Die tydperk het groeiende eksterne en interne weerstand ontlok wat na die ontbanning van die ANC, die vrylating van Mandela en sy medegevangenes en die eerste algemene demokratiese verkiesing van 1994 die geboorte van die nuwe Suid-Afrika ingelui het.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Macky Sall in 2008.

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat mens artikels kan soek volgens die eerste letters van die artikelnaam? By die Voorvoegselindeks kan mens byvoorbeeld "ek" intik en alle artikelname wat met "ek" begin, opspoor.

... dat die profeet Mohammed in die gedeeltes van die Koran wat tydens die eerste vyf jaar van sy openbare bediening in Mekka opgeteken is, nie een keer die naam Allah gebruik het nie? In dié tyd het hy na God verwys as "Heer" of "Skepper" (Rabb).

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

11 Februarie: Nasionale Stigtingsdag in Japan

Nelson Mandela

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Drie palmbome teen sononder, Ayia Marina Chrysochous, Paphos-distrik, Siprus. Foto-erkenning: Michal Klajban.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Weergawes met meer as 500 000 artikels
CatalàفارسیSuomiBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиНохчийнČeštinaDanskEsperantoEuskaraעבריתMagyarՀայերենBahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиТатарча / tatarçaTürkçeBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهБеларускаяবাংলাCymraegΕλληνικάEestiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųLatviešuBaso MinangkabauМакедонскиမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ТоҷикӣไทยاردوOʻzbekchaVolapük粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschMalagasyമലയാളംमराठीPlattdüütschनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipBasa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering