Lets

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Letlanders.
Lets
Latviešu valoda 
Uitspraak: [latviɛʃu valuɔda]
Gepraat in: Vlag van Letland Letland
Vlag van Litaue Litaue
Vlag van Estland Estland
Vlag van Pole Pole
Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Belarus Belarus 
Gebied: Baltiese lande
Totale sprekers: 3 miljoen (1,5 miljoen in Letland)[1] 
Rang: 160
Taalfamilie: Indo-Europees
 Balties
  Oos-Balties
   Lets 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Letland Letland
Gereguleer deur: Staatskommissie van die Lettiese taal
(Valsts Valodas Centrs)
Taalkodes
ISO 639-1: lv
ISO 639-2: lav
ISO 639-3: lav 
Verspreiding van Lets
Verspreiding van Letse dialekte
Verspreiding van Lets as huistaal in 2011

Lets of Letties (Latviešu valoda [latviɛʃu valuɔda]) is 'n Indo-Europese taal wat saam met Litaus en twee uitgestorwe tale, Koers en Oud-Pruisies, tot die Baltiese taalgroep behoort. Dit is die amptelike taal van Letland en sedert Letland se toetrede op 1 Mei 2004 ook een van die Europese Unie se ampstale.

Lets is nou verwant aan Litaus, maar het egter in verskillende opsigte verdere evolusie ondergaan wat kommunikasie tussen Litauers en Lette bemoeilik. Die wisselvallige geskiedenis van Letland en sy oorheersing deur vreemde moondhede - ridders van die Duitse Orde, Sweedse en Russiese besetters - het spore in die Letse woordeskat gelaat, net soos die Fins-Oegriese taal van Lyfland, een van Letland se historiese streke, Latyn, Oud-Russies en Skandinawiese tale. Die mees onlangse vreemde invloed word deur Engels uitgeoefen. Alhoewel 'n kommissie van die Letlandse parlement 'n hoë taalstandaard en -norme (insluitende korrekte uitspraak en spelling) in die openbare lewe probeer verseker en neologismes grotendeels uit Letse bestanddele gevorm word, is enkele nuwe woorde soos kompiuteris («rekenaar») aan Engels ontleen.

Onder die invloed van die naburige Fins-Oegriese tale soos Estnies plaas Lets die klemtoon op die eerste lettergreep. Die dualis (tweevoud) sowel as die onsydige grammatikale geslag het in Lets verlore geraak (die taal maak wel onderskeid tussen manlike en vroulike woorde).

Die onderskeid tussen bepaalde en onbepaalde vorme van die byvoeglike naamwoord het wel behoue gebly. Lets, wat geen lidwoorde het, maak derhalwe deur middel van verskillende vorme van die voorafgaande woord onderskeid tussen byvoorbeeld 'n groot stad en die groot stad.

Die oudste Letse teks is 'n katolieke kategisme van 1585. 'n Jaar later is dit deur 'n lutherse kategisme gevolg. Opvallende elemente in Letse skrif is die strepies bo klinkers wat die lengte aangee.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Latvian" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 3 April 2016.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wiki-webtuistes

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Lets
Taalkunde

Taalkursusse


Indo-Europese tale: Satem-tale: Baltiese tale
Oos-Baltiese tale:
Lets | Litaus | Selonies † | Semigallies † | Samogities
Wes-Baltiese tale:
Koers | Oudpruisies † | Galindies † | Sudowies