Hoe ons werk om WordPress te vertaal na Afrikaans

Vertaling na Afrikaans

Maak seker jy gebruik altyd ideomaties-korrekte vertalings wat algemeen aanvaar word deur die Afrikaanse gemeenskap ter opbouing en groei van Afrikaans. Anders as in Engels, waarvan ons vertaal, word woorde in Afrikaanse frases en sinne nie gekapitaliseer nie. Ons gebruik ook informele Afrikaans. Dus ‘jy’ en ‘jou’, in plaas van ‘U’.

Besoek plaaslike hulpbronne om die beste terme te vind:

Na aanleiding van ‘n paar ander taalgroepe, is hierdie riglyne vir alle WordPress-vertalers, wat hul gunsteling produkte (temas en Plugins) in Afrikaans wil hê. Hierdeur kan dit ‘n groter kans kry om deur Afrikaanse gebruikers aangeneem te word.

Om die beste moontlike gehalte vir alle vertalings te verseker (en dus vir die produkte waaraan jy so hard gewerk het om vertaal te kry), het ons ‘n paar reëls vasgestel wat jou kan help om PTE (Project Translator Editor) vir die projek(te), waarin jy belangstel, te kry:

  1. Ons sal jou versoek slegs aanvaar as jy vlot Afrikaans kan praat en skryf.
  2. Ons verwag dat jy hierdie stappe sal volg:
    • Kry jouself in die WordPress Suid Afrika Slack-span. Jy kan {WORDPRESSGEBRUIKERNAAM}@chat.wordpress.org direk invul by wpsa.slack.com. Of volg hierdie skakel om ‘n uitnodiging te ontvang. Vind ons in die #afrikaans en #localisation kanaal, waar ons gesprekke hou oor woorde en terme in WordPress, wat na Afrikaans vertaal word.
    • Vertaal as ‘n Bydraer (Enige persoon wat ingeteken is by WordPress.org kan vertalings voorstel. As jy dink jy het ‘n fout gemaak, kan jy jou eie vertaling verwerp en ‘n nuwe een indien.)
    • Stel die vertaalspan in kennis van jou vertaling en vra hulle om jou bydrae te hersien.
    • ‘n PTE of ‘n GTE (General Translator Editor) sal jou vertalings hersien en terugvoering gee.
    • As die kwaliteit van jou vertaling voldoen aan die standaarde wat die gemeenskappe probeer volg, sal jy PTE-toestemmings toegestaan word.
    • Wanneer jy PTE-toestemmings toegestaan is, kan jy vertalings goedkeur, verwerp of wysig. Jy kan dan ook vertalings as “fuzzy” merk.

Hoekom ons hierdie riglyne volg:

  • Ons streef na uitnemendheid: Ons mik om die beste moontlike lokalisering vir alle produkte in die WordPress-ekosisteem te skep. Aangesien lokalisering ‘n produk se gebruikerservaring in ‘n gegewe taal kan bepaal, moet alle vertalings op die beste moontlike manier gedoen word.
  • Dit help ons om ‘n gemeenskap van vertalers te skep vir ons land, wat mekaar ken en mekaar kan ondersteun indien nodig.
  • Ons dink wêreldwyd.
  • Ons streef na konsekwentheid.
  • Dit vergemaklik en maak die proses meer vaartbelyn, verminder die aantal “onbehoorlike” vertalings en die tyd wat spandeer word op die verwerping en hersiening van vertalings (wat dus meer tyd kan gun vir die werklike lokalisering).

Ons proses vir die aanvaarding van ‘n nuwe redakteur (PTE) is ietwat soortgelyk aan hoe die kode op GitHub ingedien word, waar toegang nie direk aan die oorspronklike kode gegee word nie, maar toegelaat word deur Forks en Pull Requests.

Hierdie reëls is bedoel om vir jou die beste moontlike lokalisering vir jou produk(te) te gee en om by te dra tot verbeterde gebruikerservaring, ‘n sterker platform en ‘n gesonder ekosisteem, wat vir die hele WordPress-gemeenskap werk.

Indien jy enige verdere vra het, nooi ons jou uit om ook by die globale WordPress Slack span aan te sluit (volledige instruksies hier https://make.wordpress.org/chat/ ) en vind ons in die #polyglots kanaal.

Sterkte met jou lokaliseringswerk.