Nitriet
Jump to navigation
Jump to search
Algemeen | |
---|---|
Naam | Nitriet |
Termochemiese radius | 1,87 Å [1] |
71,7 [Scm2/mol][2] |
'n Nitriet is 'n sout wat die komplekse anioon NO2- bevat of 'n ester wat die -ONO groep bevat. Die anioon is die suurres van nitroësuur.
Die oksidasietoestand van die sentrale stikstofatoom is +3 (III). Die anioon het basiese eienskappe.
Produksie[wysig | wysig bron]
Nitriet kan geproduseer word deur eers ammoniak katalities te oksideer tot 'n mengsel van stikstofmonoksied NO en stikstofdioksied NO2 en hierdie gas in 'n oplossing van natriumkarbonaat te lei.[3]
Nitriet in vleis[wysig | wysig bron]
Nitriet word toegevoeg aan vleis om te verhinder dat dit bederf en dat die bakterie Clostridium botulinum botulisme veroorsaak. Ongelukkig kan nitriet ook reageer met vrye aminosure en amines in die vleis en N-nitrosamine vorm. Hierdie spesie kan kanker veroorsaak.[4]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
- ↑ aqion.
- ↑ "US patent 2032699 A j.w. Ahyes et al. 1936" (in Engels).
- ↑ Ronald B. Pegg, Fereidoon Shahidi Nitrite Curing of Meat, 2000, 0-917678-50-8