2004
Jump to navigation
Jump to search
2004 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1999 | 2000 | 2001 | 2002 | 2003 | ◄ 2004 ► | 2005 | 2006 | 2007 | 2008 | 2009 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2004 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Die tsoenami van 2004 | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2004 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 4de jaar van die 21ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en die Universiteit van Noordwes smelt saam om die Noordwes-Universiteit te vorm.
- 3 Januarie – ’n Boeing 737-vliegtuig van Flash Airlines, ’n Egiptiese lugredery, stort neer in die Rooisee, en al 148 mense aan boord sterf.
- 7 Maart – Die Zimbabwiese polisie arresteer, Simon Mann, 'n voormalige Special Air Service (SAS) offisier en 64 voormalige 32-Bataljon soldate, gewerf in Suid-Afrika by Harare-lughawe. Hulle het beplan om ‘n staatgreep in Ekwatoriaal-Guinee uit te voer.
- 29 Maart – Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië sluit by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aan.
- 1 Mei – Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Pole, Slowakye, Slowenië en Tsjeggië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en sluit saam met Malta en Siprus aan by die Europese Unie.
- 13-29 Augustus – Die 28ste Olimpiese Somerspele word in Athene, Griekeland, aangebied.
- 17-28 September – Die twaalfde Paralimpiese Somerspele word in Athene, Griekeland, aangebied.
- 13 Desember – Foto's deur Cassini-Huygens wys dat die helder strepe en slierte op die Saturniese maan Dione se oppervlak ys-agtige afgronde is, veroorsaak deur tektoniese breuke in die maan se kors.
- 14 Desember – Die Millau-brug, die hoogste brug ter wêreld, word amptelik geopen.
- 26 Desember – 'n Aardbewing van 9.0 langs die weskus van Indonesië ontketen 'n verwoestende tsoenami met meer as 310 000 sterftes in Indonesië, Thailand, Maleisië, Bangladesj, Indië, Sri Lanka, die Maledive en Somalië.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 4 Januarie – Peyton Kennedy, Kanadese aktrise.
- 21 Januarie – Prinses Ingrid Alexandra van Noorweë.
- 1 Februarie – Ashley Gerasimovich, Amerikaanse aktrise.
- 19 Februarie – Millie Bobby Brown, Engelse aktrise.
- 27 Maart – Amira Willighagen, Nederlandse sangeres.
- 22 April – Teagan Croft, Australiese aktrise.
- 22 Mei – Peyton Elizabeth Lee, Amerikaanse aktrise.
- 4 Junie – Mackenzie Ziegler, Amerikaanse aktrise en danseres.
- 8 Junie – Francesca Capaldi, Amerikaanse aktrise.
- 15 Junie – Sterling Jerins, Amerikaanse aktrise.
- 14 Augustus – Marsai Martin, Amerikaanse aktrise.
- 3 Oktober – Noah Schnapp, Amerikaanse akteur.
- 11 November – Oakes Fegley, Amerikaanse akteur.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 4 Februarie – Stevo Crvenkovski, diplomaat van die Republiek van Masedonië (* 1948).
- 5 Februarie – Barry Trengove, Suid-Afrikaanse akteur (* 1939).
- 25 Februarie – Prof. A.P. Grové, 'n Suid-Afrikaanse letterkundige (* 1918).
- 11 Maart – Gabriel de Jongh, 'n bekende Suid-Afrikaanse landskapskilder (* 1913).
- 13 Maart – Dullah Omar, 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis, prokureur en minister (* 1934).
- 20 Maart – Juliana van Nederland, koningin van Nederland (* 1909)
- 29 Maart – Peter Ustinov, Britse skrywer, akteur en filmregisseur (* 1921).
- 10 April – Marita Napier, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1939).
- 9 Mei – Brenda Fassie, Suid-Afrikaanse popsangeres (* 1964).
- 5 Junie – Ronald Reagan, Amerikaanse politikus, staatsman en 40ste President van die Verenigde State (* 1911).
- 16 Junie – Thanom Kittikachorn, militêre diktator van Thailand, 10de eerste minister van Thailand (* 1911)
- 1 Julie – Marlon Brando, Amerikaanse akteur, in Los Angeles (* 1924).
- 28 Julie – Francis Crick, ontdekker van die struktuur van DNA (* 1916)
- 14 Augustus – Czesław Miłosz, Poolsgebore Amerikaanse skrywer, essayis, Nobelpryswenner (* 1911)
- 7 September – Beyers Naudé, Teoloog, anti-apartheidsrolspeler in Suid-Afrika (* 1915).
- 16 September – Dolly Rathebe, 'n Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres. (* 1928).
- 10 Oktober – Christopher Reeve, Amerikaanse akteur, rolprent-regisseur, -vervaardiger, draaiboekskrywer, skrywer en aktivis (* 1952).
- 21 Oktober – Magdalena K. P. Smith Meyer, 'n wêreldbekende Suid-Afrikaanse akaroloog (* 1931).
- 7 November – Howard Keel, Amerikaanse akteur, sanger (* 1919).
- 25 November – Sheila Cussons, Suid-Afrikaanse digter en skilder (* 1922).
- 13 Desember – Anna Bender, Suid-Afrikaanse pianis en skrywer (* 1919).
- 29 Desember – Eugenio Garin, Italiaanse filosoof en Renaissance geskiedkundige (* 1909).