2002
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2002 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1997 | 1998 | 1999 | 2000 | 2001 | ◄ 2002 ► | 2003 | 2004 | 2005 | 2006 | 2007 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
euros | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2002 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 2de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Die Eurobanknote en -muntstukke word ingevoer in België, Duitsland, Finland, Frankryk, Griekeland, Ierland, Italië, Luxemburg, Nederland, Oostenryk, Portugal en Spanje.
- 1 Januarie – Prof. Theuns Eloff aanvaar diens as rektor van die PU vir CHO.
- Die negende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
- 8-24 Februarie – Die 19de Olimpiese Winterspele word in Salt Lake City, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 7-16 Maart – Die agste Paralimpiese Winterspele word in Salt Lake City, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 20 Mei – Herstel van Oos-Timor se onafhanklikheid van Indonesië.
- 31 Mei-30 Junie – Die 17de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Suid-Korea en Japan gespeel, wat deur Brasilië gewen word.
- 8 Junie – Serena Williams wen die Franse Ope.
- 9 Julie – Stigting van die Afrika-unie, die opvolger van die Organisasie vir Afrika-eenheid, in Lusaka.
- 10 September – Switserland sluit aan by die Verenigde Nasies.
- 15 November – Hu Jintao word algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van Sjina.
Geboortes[wysig | wysig bron]
Sterftes[wysig | wysig bron]
- Maart (dag onbekend) – Pieter Pieterse, Afrikaanse skrywer en TV-aanbieder (* 1936).
- 28 Januarie – Astrid Lindgren, Sweedse skrywer wat onder andere ook Pippi Langkous geskryf het (* 1907).
- 22 Februarie – Tilana Hanekom, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1921).
- 30 Maart – Elizabeth Bowes-Lyon, voormalige Britse koningin (* 1900).
- 18 April – Thor Heyerdahl, 'n Noorse ontdekkingsreisiger (* 1914).
- 10 Junie – Dr. Attie van der Colf, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n digter verantwoordelik vir 126 omrymings in die Liedboek van die Kerk (* 1933).
- 24 Junie – Jurie Ferreira, Afrikaanse sanger (* 1921).
- 29 Junie – Stephen Fry, Suid-Afrika se drie-en-twintigste Springbokkaptein (* 1924).
- 1 Julie – Eleanor Baker, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1944).
- 1 Oktober – Walter Annenberg, Amerikaanse uitgewer, filantroop en diplomaat (* 1908).
- 12 November – Johannes Kerkorrel, Afrikaanse musikant (* 1960).
- 2 Desember – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog (* 1926).